|
KIWI WOORDE, UITDRUKKINGS en UITSPRAKE WAARAAN ONS NIE GEWOOND WAS NIE
Die Kiwi's gebruik soms 'n soort
Ingels waaraan 'n mens (ek) gewoond moes raak of
leer ken en die onderstaande is 'n paar van hulle:
BROLLIE = Sambreel
SUNNY's = Donkerbrille
BACH (uitgespreek "Batch") =
Strandhuis (Kom van "Bachelor pad" af).
CRIB = Strandhuis (meer
gebruik in Suid-Eiland)
CHEERS = Dankie
BARRACOUTA = Soort van 'n baie
lekker melkbrood - sag en hoog gerys.
TO SHOUT = Om vir almal drank
of kos te koop.
HAVE A FEED = Om te gaan eet.
CHIPPIE = Skrynwerker
JAFA = Woord wat in die
platteland gebruik word om iemand wat in Auckland
bly te beskryf (Staan vir Just Another
F......n/Fabulous? Aucklander!).
BOMBPROOF = Veral op
platteland gebruik om 'n perd te beskryf wat nie gou
skrik nie en baie mak is.
SMOKO = 'n Rookbreuk.
BRO = Broer of maat.
BUSH = Word voor woorde
gebruik om iets / iemand te beskryf wat
grof/onprofessioneel of onopgelei is soos "Bush
Lawayer" of "Bush Mechanic".
TOGGS = Swemklere
YOUS FELLAS = Julle
SHE'LL BE RIGHT of SWEET AS
= Alles sal reg wees
GOOD AS GOLD = Baie reg
ôi! = Roep as hulle nie jou
naam ken nie of as jy in die AAAAA is.
TEA = Aandete
MORNING TEA = Brunch
JANDALS = Plakkies
GêRRIETS = Uitspraak van
"Garage"
WESTIE = Iemand wat uit
Wes-Auckland kom. Gewoonlik so 'n "Boy Van Die
Suburbs" soort van ou.
CRASH = Oorslaap - gewoonlik
ongenooid! (Kan ook 'n motorongeluk wees!).
RUBBERNECK = Nuuskierige mense
wie omkyk vir ongelukke terwyl hulle verby ry en
baie keer self 'n ongeluk veroorsaak deur in die kar
voor hom was te ry.
HE's A BIT OF A BLOUSE = Hy is
ietwat van 'n sussie.
A "SLAPPER" = 'n Goedkoop
meisie met twyfelagtige sedes.
SKIVVY = 'n Polo-nek T-hemp.
ANKLE BITER = 'n Kleuter
BARBIE = braai
BEEHIVE = Die Parlementsgebou in Wellington
CHILLY BIN = Cooler box
A "Japie" = 'n SAner (Van "Plaasjapie" af)
UTE = 'n Bakkie
PAKEHA = 'n Maori-woord vir 'n Wit persoon of
iemand van Britse afkoms
DECK = 'n Stoep
TOGS = Swemklere / Sportklere
MOBILE = Selfoon
TEXT = SMS
Sal die lys aanvul soos die woorde my byval, my kop
is soos 'n sif - bo in onder uit en net hier en daar
sit 'n druppel! |