|
My naam is Louwrens van der Merwe en ek woon in ‘n
dorpie met die naam Cambridge in die Waikato
-streek op die Noord-Eiland van New Zealand. Cambridge staan bekend as "The Town of Trees" en het so 'n Stellenboschse atmosfeer.
Cambridge is 145Km Suid van Auckland en 24Km Suid van
Hamilton op die SH1 (State Highway 1).
Ons woon al meer as 8 jaar in New Zealand en het ‘n jaar in Auckland gewoon
voordat ons na Cambridge getrek het. Ek is nie regtig 'n boer nie, ek werk in
die IT-bedryf.
Ek ontvang maandeliks ongeveer 300
e-mails en weet redelik hoe immigrante voel en dink.
Sommer met die wegspring wil ek sê dat die
menings wat ek in hierdie webwerf uitspreek NET MY EIE, en BAIE subjektiewe,
menings en ervarings is.
WAARSKUWING:
Maak nou nie saak van watter kant af jy
hierdie webwerf benader nie, wees verseker op een of ander stadium gaan van my
menings of taalgebruik jou afpis, so wees sterk, wees groot, eet jou groente en maak vas jou
veiligheidsgordel!
As jy een van daai mense is
wat na 'n dosis realiteit of sterk woorde berading moet ontvang,
pille moet drink of deur jou
meerderwaardigheid oorval word MOENIE hierdie webwerf binnegaan NIE, want jy
gaan skoon onderklere nodig hê kort voor lank!
New Zealand is 'n fantastiese land en seker so na aan 'n paradys as wat jy op
aarde kan kom. Ek sal enige persoon aanraai om dit as 'n immigrasiebestemming te
oorweeg, MAAR maak net 'n goed ingeligte besluit, want dit help niks jy kom sit
hier in die paradys en krepeer van ellende nie.
Op hierdie webwerf kyk ek realisties, krities en met baie humor na lewe in NZ.
Gun my my mening en vryheid van spraak soos ek jou jou anonimiteit gun. Omdat ek
nie alles wat die Kiwi's, Kiwiland
en SA immigrante aan my opdis vir soetkoek opvreet nie,
beteken nie ek het nie gelukkig aangepas nie!
Welkom by my webwerf en kom ons kuier LEKKER!!
KLIEK HIER vir 'n paar interessante feite oor
hierdie webwerf.
IS MY WAARSKUWINGS
NODIG? Lees verder....


|