| |
 |
|
 |
OP HIERDIE BLAD
|
 |
|
|
 |
|
IN DIE "NUWE" SUID-AFRIKA IS DIE ENIGSTE VERSKIL TUSSEN
'N IMMIGRANT EN 'N VLUGTELING NET .....
TYD !! Hierdie is nie my woorde nie, ek het dit
geleen by iemand anders wie voor my tot dieselfde
gevolgtrekking gekom het, maar sedert 2001 sê ek dit op
my webwerf en ten spyte van honderde e-mails van mense
wie hulle "skirte" daaroor beskyt het, het dit by die
dag net meer en meer waar geword. Hou die horlosie dop,
dit gaan nie verander nie!!
In 1994 na
die "Rainbow Nation" tot stand gekom het, het 'n vriend
van my die verkiesingsuitslae in die koerant gesit en
lees en toe sê hy die volgende woorde wat my vir altyd
sal bybly:
"Ou
Louwrens, lyk my met hierdie nuwe regering gaan ons baie
vêr kom!! MAAR hoe de fok ons gaan TERUG kom weet
niemand nie!!".
Profetiese
woorde broer, profetiese woorde! |
 |
| |
 |
|
 |
DIE HEEL EERSTE VRAE WAT JY MOET
VRA VOORDAT JY IMMIGREER |
|
Voordat jy
nog daaraan dink om 'n vliegtuigkaartjie na NZ te koop
is daar TWEE vrae wat jy vir jouself moet beantwoord en
dit is:
1.
Waarom wil jy immigreer? Wil jy permanent in NZ kom bly
of wil jy net tydelik kom?
2. As jy permanent
wil kom HOE GAAN JY TE WERK GAAN OM DIT TE
BEREIK?? |
|
Enige mens met 'n gesonde
verstand kan moes vir homself / haarself dink dat daar
een of ander Immigrasiebeleid in NZ bestaan waarvolgens
permanente immigrasie plaasvind en dat daar sekere
voorwaardes is waaraan jy sal moet voldoen ten einde
permanent hier te bly. Is dit nie so nie?? Nee nogal
nie! Duisende SAners kom klim elke jaar hier af met geen
idee hoe hulle te werk moet gaan of te werk
wil gaan om permanente verblyfreg in NZ te kry nie.
Meeste mense dink as jy net 'n werk hier kan kry is
alles reg en kan jy permanent bly. Jy kan nie meer
verkeerd wees as jy dit dink nie.
Begin deur vertroud te
raak met die Immigrasiebeleid! Maak seker jy KWALIFISEER
vir permanente verblyfreg en moenie net hoop dit werk
uit nie. Moenie vertrou op vae beloftes van familie en vriende
wie reeds in NZ is nie - MAAK SEKER! Jy
gaan vir jouself baie hartseer op die hals haal.
ASSEBLIEF kry die regte feite.
Hou ook asseblief ALTYD
in gedagte dat NIKS in die Immigrasieproses
goedkoop is of verniet kom nie en dat nog minder dinge
vinnig gebeur. Jy sal vir elke stap langs die pad die
Wet van Transvaal teëkom. Almal gaan geld uit jou wurg
op vele eerlike en oneerlike maniere. Die spreekwoord
wat sê: "Niks vir niks en 'n bietjie vir 'n tiekie" is
beslis die waarheid as dit op immigrasie toegepas word.
Immigrasie gebeur nie oornag nie, dis 'n uitgerekte
proses met baie pyne en tonne stress, MAAR dis alles die
moeite werd!
Saam met hierdie blad MOET
jy asseblief ook die blad
"Werk in NZ" lees.
Hulle gaan saam. |
 |
| |
 |
|
PROBLEME OP AUCKLAND LUGHAWE EN SUMMIERE DEPORTASIE
Ek is
seker julle het al almal die stories gehoor van SAners
wie op Auckland lughawe voorgekeer is en met die
volgende vlug uit NZ teruggestuur is na SA. Hoekom
gebeur dit?
KLIEK HIER om die
redes te sien - die blad maak in 'n aparte venster oop.
|
 |
| |
 |
|
DIE IMMIGRASIEPROSES
Die Immigrasieproses kan baie tydsaam wees (tot 9 maande en selfs langer) -
Daarby moet jy jou ook nog voorberei daarop dat die Immigrasiebeamptes redelik
onbeskof kan wees as hulle wil. Sien artikel in
koerantberigte. Jy
KAN jou
immigrasieaansoek self hanteer of van 'n Immigrasieagent gebruik maak -
LW:
Ek sê nie jy moet enige Immigrasiediens of Immigrasieagent spesifiek
gebruik nie, jy gebruik die een waarmee jy gelukkig voel.
As jy op soek is na 'n kundige en
betroubare persoon om jou met jou immigrasie aansoek
by te staan kan jy gerus die mense by
Baker
Law in Mairangi Bay op Auckland se North Shore
skakel. Die telefoonnomer is 09 476 8000 en die
e-posadres is
fred@bakerlaw.co.nz. Hulle is ook self deur die
hele pynlike immigrasieproses en weet presies waardeur
jy moet gaan.
(LW
- Ek is op geen manier verbind aan
Baker Law nie en kry ook geen betaling of gunste
van enige aard om hulle te adverteer nie, ek beveel
hulle aan suiwer net op die positiewe terugvoer wat ek
van ander immigrante ontvang het oor hulle
goeie diens.)
Berei jou ook daarop voor dat die
immigrasieproses sy erg vernederende en angstige oomblike het. Jy GAAN op een of
ander tyd soos 'n stuk vleis met 'n nommer behandel word en dit GAAN vernederend
wees en jy kan nie daarvan weg kom nie. Byt maar net vas en skel hulle
onderlangs, want hulle het die hef in die hand en NZ Immigrasie beskou jou nie
as 'n aanwins vir die land nie, maar eerder soos 'n indringer en administratiewe
las. Byt maar net vas, jy sal wel die vrugte pluk. Dis eintlik jammer dat dit
die toedrag van sake is, want NZ is BAIE afhanklik van immigrante.
Die Immigrasiedepartement se webwerf het 'n redelike goeie uiteensetting van die
nuwe beleid en jy kan ook nou jou "
voltooi. Die webwerf is goed op die bol en jy kan antwoorde op omtrent al jou
vrae kry in hulle werf. Kliek op die skakel om soontoe te gaan:
http://www.immigration.govt.nz/
Artikels rondom onlangse woelinge in immigrasie kan ook op die blad
Koerantberigte gelees word.
WAARSKUWING: Vanaf
4 Mei 2009 MOET alle Immigrasieagente IN
NZ geregistreer wees by die
Immigration Advisers Authority
- Geregistreerde Prokureurs wie as
Immigrasieagente optree hoef NIE by die
Immigration Advisors Authority te registreer nie (hulle
kan nie). Immigrasieagente in die buiteland moet teen 4
Mei 2010 geregistreer wees.
Jy kan op die
webwerf van die
Immigration Advisers Authority gaan kyk of agente
geregistreer is (die name verskyn mooi alfabeties in die
lys en dis maklik om dit op te kyk - kliek net op die
skakel). Die
Immigration Advisers Authority
registreer NIE maatskappye nie maar slegs individue.
Maak nie saak wat jou Immigrasieagent in NZ jou vertel
nie as hy/sy nie geregistreer is nie kan hy/sy NIE jou
geld vat of jou aansoek hanteer nie.
|
 |
| |
 |
|
BAIE
BELANGRIK!!!
HIER IS 'N PAAR
BAIE, BAIE BELANGRIKE DINGE WAT JY ASSEBLIEF NIE MOET
IGNOREER NIE, DIT KAN JOU BAIE DUUR TE STAAN KOM.
1. As jy hierheen kom op 'n werkspermit en jy wil
permanent hier kom bly MAAK SEKER jy kwalifiseer vir permanente verblyfreg
VOOR jy
kom. As jy nie voor jou koms kwalifiseer vir permanente verblyf (PR) nie gaan jy
NIE op grond van jou werksvisa of die tyd wat jy hier was vir PR kwalifiseer
nie en GAAN dit beteken dat jy na 'n paar jaar sal MOET terugkeer na SA. Maak
seker dat dinge vir jou gaan uitwerk VOORDAT jy kom, moenie hierheen kom
en hoop dat dinge vanself gaan uitwerk as jy eers hier is nie - dit is
wensdenkery en dinge kan vir jou BAIE verkeerd loop. Ek suig nie die goed uit my
duim nie ek kry elke dag daarmee te doen.
2. Maak seker dat jy 'n gebeurlikheidsplan (plan B) in plek het as jou
immigrasie nie uitwerk nie en jy moet teruggaan. Dit is 'n kort sinnetjie, maar
sekerlik een van die belangrikstes.
3. Moet ASSEBLIEF nie jou hele lewe in SA opgee en sak en pak hier kom
afklim met die gesin en ouma en die troeteldiere terwyl jy net 'n besoekerspermit het nie!! Dis 'n
GROOT fout en al meer SAners
het dit in die afgelope tyd agtergekom, want die NZ Immigrasiediens begin die
skroewe al stywer aandraai. Die GROOTSTE hartseer van hierdie storie is, is dat
al meer SAners uit desperaatheid oor die situasie in SA net hier kom afklim en
dink alles gaan net gebeur. My hart bloei vir die mense, maar jy gaan die lewe
vir jouself (en jou gesin) oneindig kompliseer, want jy loop die groot risiko om
gedeporteer te word en dan sit jy sonder 'n lewe in SA en met 'n groot klomp
skuld. ONTHOU net as jy een keer uit 'n land gedeporteer is jy
amper geen kans het om ooit na enige ander land te immigreer nie.
ASSEBLIEF
DOEN DIE DINGE REG, EK WIL NIE HÊ JY MOET KOM SWAARKRY NIE! |
 |
| |
 |
|
MEDIESEVERSLAG VIR IMMIGRASIE - IN
SA OF NZ??
Persoonlik is ek ten gunste
daarvan dat mense hulle medieseondersoeke vir Immigrasie
in NZ laat doen bloot net op grond van die gerief dat
enige navrae oor die verslae vinnig opgelos kan word en
nie via jou dokter in SA moet gaan nie.
LET WEL:
Daar is egter 'n paar ERNSTIGE oorwegings wat jy
in gedagte moet hou nl:
1. As jy jou
Immigrasiemedies in NZ laat doen en hulle stel vas dat
daar 'n mediese probleem is moet jy uit jou eie sak vir
behandeling en spesialiskostes betaal en mag dit selfs
gebeur dat jou werkspermit nie goedgekeur word nie of
lank vertraag kan word en dan sit jy nog sonder werk ook
terwyl jy in NZ Dollars moet betaal vir spesialiste en
behandeling. Die bedrae kan in die duisende Dollars
beloop en dat kan in 'n finansiëlefiasko ontaard.
2. As jy eers jou
Immigrasiemedies in NZ laat doen en jy ontdek dan dat jy
'n gesondheidsprobleem het wat jou ongeskik maak vir
permanente verblyf in NZ het jy ,om dit nou mooi te
stel, 'n moerse probleem, want dan moet jy terug keer na
SA waar jy nie 'n werk of huis het nie en word jou hele
gesin/familie daarby betrek en het jy al jou geld in die
water gegooi en jou immigrasiedrome lê aan flarde.
3. Om jou
immigrasiemedies in SA te laat doen kan voorkom dat jy
hier in NZ 'n ramp beleef as jy nie die
gesondheidsvereistes slaag nie. As jy reeds in SA onttek
dat jou gesondheid nie van so 'n aard is dat jy PR in NZ
gaan kry nie kan jy net voort gaan met jou lewe en heel
waarskynlik behandeling ontvang vir die probleem en jou
MEDIESEFONDS betaal daarvoor!
4. Die minste wat
jy moet doen voordat jy jou tasse pak vir NZ is om in SA
'n deeglike medieseondersoek te ondergaan en dit sluit
X-strale van jou longe in sowel as bloedtoetse
vir alles waarvoor hulle tydens immigrasiemedies gaan
kyk - HIV, Hepatitis, CHOLESTEROL, TB ens. Die voordele
van 'n deeglike medieseondersoek in SA is dat jou
mediesefonds nog heelwaarskynlik daarvoor gaan betaal en
dat jou uitgawes minimaal gaan wees!!
ONTHOU:
Toestande soos hoë cholesterol, hoë bloeddruk
,suikersiekte en "obesity" (erg oorgewig -
soos ek!) is probleemtoestande in NZ wat 'n groot las op
die Gesondheidstelsel plaas en NZ miljoene kos en hulle
wil nie graag nog immigrante ook "invoer" met dieselfde
probleme wat hulle probleem nog erger kom maak nie. As
jy dus een van hierdie toestande het kry dit onder
beheer VOORDAT jy kom, anders gaan jy beslis nie jou
Immigrasiemedies "pass" nie.
-
Dank aan Niel Steyn vir sy
bydraes.
|
 |
| |
 |
|
HUISE, KARRE , MEUBELS &
VRAGHOUERS (CONTAINERS)
'n Vraag wat deesdae al meer
in navrae opduik is: "moet ons, ons meubels oorbring?".
Om daardie vraag te
beantwoord hang deesdae vir my net af van hoeveel waarde
jou meubels (finansieël of sentimenteel) vir jou het. As
jy voel dit is onmoontlik om van jou meubels afstand te
doen en jy voel dit is darem vir jou iets bekends om jou
tuis te laat voel in die vreemde, bring dan maar jou
meubels oor.
As jy sonder jou meubels kan klaar kom en dit
is nie vir jou 'n vreeslikle ding om sonder dit te wees
nie, sal ek sê verkoop jou meubels en gebruik die geld van
die meubels en die geld wat jy vir 'n vraghouer
(container) sou betaal het om hier vir jou nuwe meubels te
kom koop. Dit behoort dan sekerlik minstens so in die R90
000 omgewing te wees wat jou so ongeveer NZ $16 000 sal
gee teen 'n wisselkoers van R5.50c tot NZ $1.00. Daarvoor
kan jy verseker weer 'n 3 slaapkamer huis meubileer (as jy
nou nie uitspattig wil wees nie).
Jy kan BAIE meubels vir
$16 000 koop as jy bereid is om 'n bietjie rond te kyk en veral
goeie (feitlik nuwe) tweedehandse meubels is ongelooflik
goedkoop in vergelyking met nuwes. As jy net nuwe meubels
wil koop gaan $16 000 so effens te kort skiet, maar as jy
vindingryk is en 'n bietjie rond kyk kan jy 'n hele huis
vol ordentlike meubels maak met $16 000. Ons het dit
gedoen en het nog baie van die meubels wat ons 2de hands
gekoop het toe ons hier aangekom het. Nou praat ek
natuurlik nie met die ouens wat met hulle
"Kruger-miljoene" uit SA hier aangekom het nie en daar is
deesdae BAIE van hulle, ek praat nou net met die gewone
"commen, garden variety" SAners soos ek.
Om 'n vraghouer (container)
met meubels te bring het 'n paar nadele wat jy in gedagte
moet hou, nl:
1. Van die elektriese
apparate, soos TV's en Video's, gaan dalk nie hier werk
nie en jy gaan nie diens of onderdele vir hulle kry nie.
2. Julle sal
onmiddelik 'n huis moet huur wat groot genoeg is om al
julle meubels te kan vat of dit ten duurste moet laat
stoor.
3. Dit gaan jou
verplig om onmiddelik te vestig in 'n sekere
gebied/dorp/stad voordat jy dalk gereed is en gaan dit
moeilik maak om maklik na 'n ander dorp/stad te beweeg
waar daar dalk beter moontlikhede of werksgeleenthede is.
Om te trek in NZ is 'n DUUR storie (as jy dit laat doen).
4. Terwyl jy wag vir
jou vraghouer om aan te kom sal jy meubels, breekgoed,
kombuisware en elektriese ware moet koop om jou
huis/woonstel te meubileer waarvan jy weer ontslae sal
moet raak of opgaar.
'n Vraghouer (container) kan
'n GROOT meulsteen om jou nek raak as jy nie jou
beplanning mooi gedoen het nie.
ONTHOU ek praat net
van 'n huis se meubels ,ek praat nie van 'n man wie sy eie
besigheid by die huis gehad het en nou met miljoene rande
se masjiene en gereedskap sit nie, dis heeltemal iets
anders. Kom ons hou maar net by die meubeltjies vir nou.
Moet
ASSEBLIEF nie karre bring nie, bring net meubels as jy
iets wil bring! Karre is goedkoop en volop en
ingevoerde karre uit SA voldoen nie altyd aan die vereistes wat daar gestel word nie en
dan sit jy dalk nog met nuttelose voertuig om van ontslae te raak. Einde 2005 was
daar 3.8 miljoen voertuie in NZ (Bron:
LTSA) en dit raak net meer (jy sal dit gou agterkom as jy hier kom,
want dit is asof dit permanent spitstyd is in NZ). Lees ook by
VRAGHOUERS
(CONTAINERS) wat 'n onlangse
immigrant te sê het oor die inbring van voertuie.
Na aanleiding van baie navrae wat
ek ook oor skeepshouers/vraghouers (containers) gekry het, het ek raad by vriende
van my gevra wat die afgelope paar maande hier aangeland het en hulle e-posse met
praktiese wenke op die volgende blad saamgevat:
VRAGHOUERS
(CONTAINERS)
BAIE
BELANGRIK:
As
jou vraghouer (container) uit SA in NZ aankom en jy het
nie reeds PR (residence) of 'n werkspermit vir 12 maande
of langer nie GAAN jy
invoerbelasting betaal op die waarde van die
inhoud van jou hele vraghouer. Vir 'n gewone huishouding
se meubels, ens. kan dit tot $10 000 beloop.
|
 |
| |
 |
|
HUUR VAN HUISE
Die grootste gros immigrante sal nie onmiddelik met aankoms 'n huis koop nie en
sal 'n huis moet huur. Die huur van huise word deur 'n wet beheer genaam die
TENANCY ACT en 'n staatsdepartement hanteer die deposito's (Bonds) en besleg
geskille tussen Huurders en Verhuurders. Die
TENANCY SERVICES
het 'n volledige webwerf waar jy die wet kan aflaai en alles omtrent jou regte
kan uitvind.
Voor ek verder gaan wil ek net sê dat huishuur PER WEEK
betaal word. Daar word gewoonlik van jou verwag om minstens 3 weke se huur as 'n
deposito/waarborg (Bond) neer te sit (die Wet beperk dit tot hoogstens vier weke
se huur). Dan moet jy daarby gewoonlik ook nog twee of 3 weke se huur vooruit betaal
en as jy deur 'n agent huur hef die agent nog 'n fooi gelyk aan een week se huur
+ belasting en daarby ook vir krag, gas & telefoonaansluitings. So as jy beplan om 'n huis wat vir $350 per week verhuur word deur
'n agent te huur sal jy $2400 gereed moet hou
VOORDAT jy jou voet in 'n huis gesit het ($1050 = 3 weke se huur vir die "Bond"
PLUS $700 = 2 weke se huur vooruit PLUS $350 = agentkomissie
PLUS $300 vir jou krag, gas en telefoon
aansluitings). Dit is 'n klomp geld vir ons gewone
armgatte en jy eet die eerste paar weke net pap-en-tik in jou nuwe huis.
ONTHOU tog net dat ALLE huise in NZ feitlik permanent in die mark is (of
so voel dit altans vir ons) want skaars het ons gewoonlik in 'n huis ingetrek of
die eienaar (landlord) verkoop hom onder ons gatte uit. Ons het 6 keer getrek
in die eerste 4 jaar wat ons in Cambridge gebly het, so moenie te gemaklik raak in 'n
huurhuis nie! As 'n Kiwi (of SAner) voel hy kan 'n paar dollar wins maak op 'n
huis SAL hy dit in die mark sit en huurders is NIE 'n
faktor nie, GELD is! BAIE MIN ,indien enige, oorweging word aan huurders gegee
by die verkoop van huise en huurders is maar net gatte op betaalde sitplekke wat
die rente betaal op die huis totdat hy vir meer geld van die hand gesit kan
word. Moenie illusies daaromtrent hê nie, dit werk nou maar net so.
Daar word deur die
Tenancy Act
baie duidelikelike voorskrifte gegee van hoe lank en op watter wyses jy
kennis gegee moet word - ALTYD skriftelik en gewoonlik nie korter as 6 weke nie.
Die verhuurder (landlord or his agent) MOET die deposito (Bond) binne 23 werksdae
nadat hy/hulle dit van jou onvang het (en jou 'n kwitansie gegee
het) by die Tenancy Office van die staat inbetaal en hulle hou dit in trust, NIE
die verhuurder NIE.
Die Tenancy Office stuur ook vir jou en die verhuurder 'n
bewys van ontvangs van die geld. As die verhuurder nie die geld by die Tenancy
Office inbetaal nie begaan hy 'n kriminele oortreding. Verhuurders of hulle
agente moet normaalweg ook vir jou minstens 48-uur kennis gee as hulle die
perseel wil inspekteer (wat hulle om verstaanbare redes baie gereeld doen).
Vergewis jou asseblief van al jou regte voordat jy 'n huis huur deur die webwerf
van die
TENANCY SERVICES
te besoek.
NB:
Binne 'n week nadat jy by 'n huurhuis ingetrek het moet jy 'n lys van gebreke,
skade & tekorkominge by die "landlord" of sy agent ingee. Doen asseblief die
moeite om 'n VOLLEDIGE lys te maak, want dit kan jou letterlik duur te
staan kom as jy dit nie doen nie. Hulle sal enige verskoning gebruik om nie jou
"bond" vir jou terug te gee nie, maar dit eerder te gebruik om die huis op te
knap.
Ek doen die moeite om foto's te neem met my digitalekamera van elke
moontlike en onmoontlike ding en het al 'n CD met 139 foto's aan 'n sekere
"landlord" oorhandig saam met die lys. Moenie net op die lys na die foto's
verwys nie, beskryf elke foto op die CD. Deesdae ,met die beskikbaarheid van die
klein videokameratjies, vind ek dit nog makliker om doodeenvoudig net 'n
volledige video te neem van alles in en om die huis en 'n kopie aan die
"landlord" te oorhandig. Onthou om verskeie persone op die video vas te lê wat
later as getuies kan optree. Ek laat my vriende die skade uitwys of sommer maar
net in die kamer staan as ek begin om die opname te maak. Neem tog asseblief
alle kolle en skade aan matte af, want hulle gebruik graag matte as 'n
verskoning om jou geld te hou.
Laastens, moet ook nie geskok wees
oor die toestand van sommige huise wat te huur aangebied word nie. Enigiets van
krotte en pleinweg sommer net "Varkhokke" word te huur aangebied tot paleise en
plase.
Dit is ook
algemene gebruik dat verhuurders verwysings vra van jou
vorige "landlords" en jou selfs by
jou huis besoek om te sien of jy netjies genoeg is vir hulle huis. Ons het een keer 'n
besonderse nuuskierige "landlady" gehad wat verwysings gevra het, ons in
besonderhede oor ons herkoms en aktiwiteite uitgevra het en selfs deur ons huis
kom snuffel het om te kyk of ons netjies genoeg na haar smaak is. Nodeloos om te
sê dat dit my gat so effens rou geskaaf het en toe vertel ek haar wat sy met
haar huisie kan doen en toe vryf my dogter dit nog in deur te sê ons sien nie
kans vir die volgende stap op haar lys nie nl. "fingerprints and dental
records"! Sy het nie gedink dis snaaks nie, maar ons het ons gekraak. Aan
hierdie openlike diskriminasie teenoor immigrante raak 'n mens ook gewoond.
LW:
As jy 'n swak huurder is met geen of swak verwysings van
jou vorige "landlords" gaan jy sukkel om 'n ordentlike
huis te huur en gaan jou "bond" of deposito waarskynlik
"gelaai" word om vir die risiko op te maak!
HOE EN WAAR VIND JY 'N HUIS OM TE HUUR?
Die eerste paar dae na jou aankoms sal jy waarskynlik in
'n Motel of by vriende of familie bly. As jy jouself wil
geld spaar en jou familie en/of vriende wil behou moet
jy dadelik begin om 'n huis of woonstel te soek om in te
bly. Dit word algemeen onder gevestigde immigrante
aanvaar dat vriende of familie wie immigreer en tydelik
by jou tuisgaan nie vir langer as 3 weke (maks) van jou
gasvryheid gebruik sal maak nie (ek het met dosyne
gevestigde immigrante hieroor gepraat en meer as 90% het
gesê 3 weke is omtrent die maksimum tydperk).
Nou waar begin jy om 'n huis
te soek? Jou beste bronne vir huurhuise is:
1. Plaaslike
eiendomsagentskappe.
2. Plaaslike koerante
(omtrent elke dorp in NZ het sy eie koerantjie).
3. Die Internet - gaan kyk
op die volgende webwerwe:
http://www.trademe.co.nz/
http://www.realestate.co.nz/
http://search4homes.co.nz/
|
 |
| |
 |
|
HUISKOOP?
Huise is duur en
net soos in SA het New Zealand ook die afgelope 7 jaar 'n "housing boom" gehad en
het pryse van huise tussen 2000 en 2007 met
81.5% gestyg!
Die gemiddelde prys (nasionaal) vir 'n 3 slaapkamer huis
in NZ is nou
$393
240.
Op 21 Januarie 2008 het NZ se huise amptelik die mins
bekostigbare huise geword as dit gemeet word aan
inkomste.
Lees hierdie artikel.
As 'n baie growwe maatstaf kan jy rofweg reken om
maandeliks $900 per $100 000 van jou huislening te betaal,
met ander woorde vir 'n huis van $350 000 (wat 'n baie
basiese huis is met 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n enkel
motorhuis) kan jy verwag om
maandeliks in die omgewing van NZ
$3200 te betaal
(9.2% oor 20 jaar).
Jy moet
daarby ook nog minstens $250 per maand byvoeg vir
versekering en belastings.
Huiskoop in NZ is maklik en
vinnig. Oordrag van die eiendom op jou naam geskied binne
2 tot 3 weke en die koste verbonde aan oordrag is BAIE
billik en nie naastenby so duur (of tydsaam!) soos in SA
nie. Die oordragkoste is gewoonlik $2000 tot $3000.
LW: Daar is ook drastiese verskille
tussen huispryse in die stede en platteland.
GELUKKIG (ongelukkig vir die
ouens wie gekoop het!) is die huispryse op die oomblik
besig om weer af te kom en lyk dit darem nie of die
binnekort weer gaan styg nie. In sommige stede het die
pryse selfs al met 10% geval teenoor dieselfde tydperk
verlede jaar. Om die nuutste tendense te sien gaan kyk
asseblief op
HIERDIE BLAD.
As jy presiese statistieke
wil hê oor die Eiendomsmark in NZ en oor huispryse in al
die streke gaan asseblief na die webwerf van
Quotable
Value.
Om die huidige NZ
rentekoerse te sien op alles van huislenings tot
kredietkaarte en beleggings tot spaarrekeninge gaan na
www.interest.co.nz .
|
 |
| |
 |
|
NB: WEES
VERSIGTIG - ASSEBLIEF !!
Sê die minimum:
Die meeste van ons wat immigreer voel so verlig oor
die moontlikhede van 'n nuwe lewe in 'n ander land
dat ons nie kan wag om die regeerders van die land
te vertel waar hulle die "nuwe" SA kan gaan in druk
nie. Ongelukkig is daardie gat (verskoon tog maar
die toevallige ooreenkoms met die regte plek) reeds
oorvol en het "Die Regeerders" reeds ons ywerigheid
om ons verligting uit te blaker teen ons begin
inspan. As jy immigreer sê tog maar die minimum,
want as "Big Brother" jou hoor verloor jy in 'n
japtrap jou kosbegroting en tref allerhande peste en
plae jou. Tot tyd en wyl jy burgerskap in 'n ander
land aanvaar het en al jou bande met SA verbreek het
is jy net "tydelik" oorsee om daar te "werk" of te
"studeer". Jou ywerigheid om aan alles met ore te
vertel jy immigreer kan jou letterlik "duur" te
staan kom en BAIE onwelkome oë op jou vestig. Vat
maar hierdie bietjie raad, dit kom uit die dure
ondervinding van verskeie immigrante.
|
 |
| |
 |
|
'n
PAAR UITSTAANDE KWALITEITE VAN NEW ZEALAND
-
Dit is 'n BAIE
VEILIGE land om in te bly.
-
Lae misdaadsyfer
-
Dit is 'n pragtige
land - prentjiemooi.
-
'n Goeie
lewensstandaard.
-
Goeie
medieseversorging.
-
Goeie skole en
Universiteite.
-
Goeie
infrastruktuur.
-
Puik dienste.
-
Skoon geriewe.
-
Wetsgehoorsame
mense.
-
Stabiele Regering.
-
Bostaande lys kan
baie lank raak en dit is maar net 'n paar waaraan
ek die meeste waarde heg.
|
 |
| |
 |
|
IMMIGRANTE SE EIE STORIES OOR HULLE ERVARINGS IN NZ
|
 |
| |
 |
|
BIETJIE RAAD
VIR JOU EERSTE AANKOMS IN NZ
VERVOER VAN DIE LUGHAWE AF
Van die lughawe
na jou hotel/backpackers toe is dit beslis die goedkoopste
om die Airport Schuttle te vat. Gewoonlik sulke
mini-bussies met 'n toe bagasiesleepwa. Hulle lewer jou by
jou bestemming af. Daar is ook busse van die lughawe tot
in die stad, maar ek het nog nooit van hulle gebruik
gemaak nie en jy moet ook die stad ken om te weet waarheen
hulle gaan. Die Schuttle is die beste, vra maar daar op
die lughawe waar jy die Airport Schuttle kan kry, almal
ken dit. 'n Taxi is jou laaste uitweg, want hulle is die
duurste en soms belaglik duur. Ek gee 'n bietjie meer
besonderhede oor die "Airport Shuttle Service" 'n bietjie
verder in die blad. KLIEK HIER
om soontoe te gaan.
WAAR MOET EK
BLY?
Jy gaan waarskynlik die eerste
week of twee nie 'n keuse hê as om by vriende/familie of
in 'n Hotel/Motel/B&B of Backpackers (goedkoopste, maar
meer vir jonger mense) te bly nie. Gewoonlik kan jy jou
maar regmaak (op die goedkoopste plekke) vir so $45 per
nag vir enkellopendes en so $60 per nag vir pare wat deel.
As jy by vriende/familie bly het jy nie eintlik so 'n
groot probleem nie, maar as jy moet betaal vir jou verblyf
gaan dit jou loon om onmiddelik vir 'n huurhuis of
woonstel/kamer te soek. Koop vir jou die plaaslike
koerante of soek op die
Internet na huurakkommodasie. Gaan lees ASSEBLIEF die
artikel oor huurhuise hier bo wat ek geskryf het om jou op
hoogte te bring met wat jou regte is en wat van jou verwag
word as jy huur. Normaalweg beveel ek gastehuise of B&B
plekke aan wat deur SAners besit en bestuur word omdat jy
daar gewoonlik baie meer tuis voel en jy in jou eie taal
gehelp kan word deur mense wat jou omstandighede verstaan
en hulle ervaring met jou kan deel en die aanpassing en
verlange darem so 'n bietjie ligter kan maak.
TELEFOON &
INTERNET
Alle
motelle/packpackers het hulle eie Internetkiosks en jy sal
nie 'n probleem hê om vinnig 'n e-mail of twee te stuur
nie. Internetkafees is ook orals te kry in die stede en
dorpe en dit behoort redelik maklik te wees vir jou om met
jou familie in aanraking te kom. Almal hier by ons gebruik
maar die Internettelefoon (VOiP)
SKYPE
om met ons families in SA te praat, want dis ongelooflik
duur om SA toe te bel. As jy jou eie skootrekenaar
(laptop) saambring sal jy natuurlik weer hier 'n
Internetdiensverskaffer moet kry, want jou SA
diensverskaffer gaan nie hier werk nie. Jy kan vir jou 'n
prepaid Internet kontrak kry tot tyd en wyl jy 'n
permanente blyplek het en dan gaan die Internet vir jou
baie goedkoop wees, want dan kan jy van enige telefoon in
NZ op die Internet gaan. Diensverskaffers in NZ gebruik
tolvryenommers en die oproep (dail-up) is verniet, so jy
betaal net vir jou Internet-toegang.
Die maklikste en
goedkoopste manier om jou familie te bel in SA is maar om
vir jou een van die dosyne telefoonkaarte te koop wat by
omtrent elke klein kafeetjie beskikbaar is (hier word 'n
klein kafeetjie 'n "Dairy" - melkery - genoem) . Met die
telefoonkaart kan jy jou telefoonuitgawes baie goed
beheer, want as jy van die motel/backpackers/hotel se foon
af gaan bel gaan jy gou-gou met 'n helse telefoonrekening
sit. Met die telefoonkaart bel jy 'n tolvrye 0800-nommer,
tik die kode op die kaart in en tik dan jou nommer wat jy
wil bel in. Met 'n telefoonkaart van $10 kan jy na 'n
gewone landlyn telefoon (NIE selfone nie!) in SA praat vir
so tussen 30 tot 45 minute en soms langer. Dis beslis die
goedkoopste manier en jy bel nie op skuld nie. As die geld
op is is dit op en jy koop net 'n nuwe kaart. Ek dink die
kaarte gaan tot by $50. Daar is so baie verskillende
kaarte dat ek nie weet watter een om aan te beveel nie. Jy
sal wel gou uitvind watter een die beste is. Vra maar die
persoon by die "dairy" of winkel.
As jou SA selfoon
se simkaart kan uithaal kan jy hom (die selfoon) saambring
en net hier 'n nuwe pre-paid kaart kom koop. Om egter SA
toe te bel op 'n selfoon of om oproepe hier te kry op 'n
selfoon gaan 'n plaas se geld kos. Vir 'n noodmaatreël is
dit egter 'n goeie idee. Jy kan natuurlik ook hier 'n
goedkoop pre-paid selfoon koop (ongeveer $100) of een
huur.
ONTHOU
om jou kredietkaart by jou bank in SA te laat registreer
en aktiveer vir buitelandse transaksies!!
KAR: HUUR of KOOP?
As jy nie dadelik
'n kar wil koop nie is die enigste ander opsies natuurlik
publieke transport (busse & treine) of die huur van 'n
goedkoop karretjie. Ek het 'n bietjie navorsing gedoen en
gou agtergekom dat 'n "goedkoop" huurkarretjie nie eintlik
bestaan nie, want selfs die kleinste karretjie (1000cc tot
1300cc) gaan jou enigiets van NZ $35 tot NZ $45 per dag
uit die sak jaag sonder versekering en op sommige is daar
selfs 'n km-beperking (jy mag slegs in die stad ry waar jy
die kar gehuur het) en per-Km fooi wat bygevoeg word. Daar
is letterlik honderde motorverhuuringsbesighede in NZ en
honderde webwerwe vir huurmotors en ek weet nie eens waar
om te begin nie.
Die onderstaande
websites vir motorhuur kan dalk help. Dis maar net die
paar wat vir my billik gelyk het. Ek het meer as 'n uur
deur almal gesoek. Gaan kyk maar op die Internet.
In NZ kan jy vir
so NZ $2500 vir jou 'n BAIE oulike karretjie koop wat jou
lank kan hou en dit sal miskien die beste opsie wees om
maar vas te byt en 'n klein karretjie te koop. Vir 'n
maand se karhuur gaan jy in elke geval hier by 'n $1000
betaal.
Daar is 'n plek in Auckland waar
"Backpackers" ,wie 'n geruime tyd deur NZ gereis het,
van hulle kar ontslae kan raak deur hulle karre te smous
aan ander mense wie 'n goedkoop padwaardige karretjie
soek. Dit word die
BACKPACKERS CAR MARKET genoem, gaan kyk gerus daar.
Die Backpackers Car Market is in 20 East Street, Central
Auckland en is oop van 09:00 tot 17:00 elke dag.
|
 |
| |
 |
|
VERVOER NA EN VAN LUGHAWE
(Auckland & Hamilton)
Tensy jy een van daai manne is met die DIK beursies wat
deesdae uit SA hier afklim gaan 'n Taxi-fooi in Auckland
en Hamilton jou oë laat traan. Daar is ,myns insiens, maar
net een bekostigbare manier om van die lughawe tot in die
stad te kom en dit is met die "Shuttle service". Enige
"airport shuttle" diens (daar is verskeie) is AANSIENLIK
goedkoper as 'n Taxi. Die "shuttle service" laai jou voor
jou blyplek se deur af en weer op as dit nodig is. Deesdae
kry ek ook al hoe meer navrae van mense wat vanaf Auckland
lughawe na Hamilton moet gaan en gelukkig is daar 'n
"shuttle service" wat elke dag heen-en weer ry van
Auckland lughawe na Hamilton en andersom.
WAAR KRY JY DIE
"SHUTTLES" OP AUCKLAND LUGHAWE? As jy in die
ontvangslokaal by Auckland lughawe inkom (dis nou nadat
jy reeds deur Immigrasie en Doane is) hou jy LINKS. Jy
sal sien daar is 'n dik Stainless steel pyp skeiding aan
die linkerkant en aan die einde van daai pyp draai jy
links en dan sal jy 'n uitgang voor jou sien (net na
McDonalds). Gaan daar uit en jy sal die "Shuttles" aan
jou linkerkant sien. As jy vergeet van die pyp soek net
vir McDonalds.
Goeie "airport shuttle
services" wat ek kan aanbeveel is:
 |
STEDELIKE "AIRPORT
SHUTTLES"
In die volgende stede kry jy op die lughawe die "Super
Shuttle" : Auckland / Hamilton / Rotorua / Hawkes Bay /
Wellington / Nelson / Christchurch / Dunedin en Queenstown.
Op die Super Shuttle webwerf (http://www.supershuttle.co.nz)
sal jy ook die fooie kry en besprekings kan maak. Hulle
lewer 'n baie goeie diens en jy kan met vrymoedigheid van
die diens gebruik maak. |
| |
|
 |
AUCKLAND LUGHAWE NA
EN VAN HAMILTON
Die Minibus Express (http://www.minibus.co.nz/)
loop elke dag van die week tussen Hamilton en Auckland
lughawe. Die fooie is ongelooflik billik - ongeveer $70
vir 'n eenrigting kaartjie en $130 vir retoer. Al hulle
kontakbesonderhede is op die webwerf, asook hoe om
besprekings te doen. Hulle lewer jou voor jou deur af in
Hamilton en tel jou ook weer daar op. |
|
 |
| |
 |
|
STRAATKAARTE VAN STEDE IN NZ
Straatkaart van Auckland en voorstede is te vinde by:
http://www.nzmaps.co.nz/
Kaart / Kaarte
van ander stede en dorpe is te vinde by:
http://www.wises.co.nz
Nog goeie
kaarte is te vinde by:
http://www.smaps.co.nz/nz/
http://maps.google.co.nz/
|
 |
| |
 |
|
BAIE MIN
HULP
Die rooi
mat van immigrasie na NZ eindig by die lughawe as jy
daar afklim en daarvandaan is jy op jouself
aangewese. Immigrante kan ook nie reken op die steun
van hulle werkgewers nie, so sorg dat jy so vêr moontlik
op jou eie stoom kan reg kom.
NZ werkgewers sal slegs in HOOGS
UITSONDERLIKE gevalle jou hervestigskoste betaal en ek
het in byna 9 jaar hier nog net van 'n hand vol mense
gehoor wie se hervestigskoste (container met meubels en
vliegkaartjies) deur die werkgewer betaal was en in alle
gevalle was dit 'n groot maatskappy wat mense met
uitsonderlike kwalifikasies of vaardighede gesoek het.
Die beste waarop jy kan hoop (en dis 'n GROOT hoop) is
dat die werkgewer jou vliegtuigkaartjie sal betaal en
dis ook maar 'n "long shot" dat dit sal gebeur.
Sien die artikel:Bosses leave migrants to flounder
|
 |
| |
 |
|
IMMIGRASIEAGENTE
Daar is min dinge
waaroor ek so gereeld vrae en terugvoer kry as oor
immigrasieagente en ongelukkig is min van die terugvoer
positief. Ek het dosyne e-mails van immigrante en
voornemende immigrante wat kla oor die dienste en fooie
van immigrasieagente. 99% van klagtes gaan oor vals
beloftes en die groot bedrae geld wat gereeld uit hulle
"gemelk" word (soos hulle dit stel).
Ek het my vir
lank uit die debat gehou, maar ek moet soveel
vrae beantwoord daaroor dat ek besluit het om myself maar
baie e-mails te spaar en tog 'n paar dinge op te klaar.
Soos met enige
diens wat gelewer word is die oorgrote meerderheid van
immigrasieagente doodgewone eerlike ouens wat maar net 'n
diens lewer en daarvoor betaal moet word. Ongelukkig is
daar altyd 'n paar vrot appels wat almal 'n slegte naam
gee met die gevolg dat almal met dieselfde kwas geverf
word - soos tweehandse motorverkoopsmanne en
eiendomsagente (maar ek dink
hulle verdien dit!).
Die toedrag van
sake en kon beslis nie so voortduur nie, daarom het die
NZ Regering nou ingegryp en die Immigration Advisers
Authority (IAA) (http://www.iaa.govt.nz/)
geskep om Immigrasieagente te registreer en te beheer.
Immigrasieagente kan reeds vanaf 4 Mei 2008 begin
registreer en het 'n jaar grasie tot die 4de Mei 2009
wanneer ALLE immigrasieagente geregistreer MOET wees.
Prokureurs wat as Immigrasiekonsultante optree hoef nie
te registreer nie.
Op 4 Mei 2010 MOET alle agente in die buiteland ook
geregistreer wees. Jy kan dan enige immigrasieagent om
sy registrasienommer vra en dit gaan opkyk op die
webwerf van die Immigration Advisers Authority (IAA).
Let egter op dat Prokureurs nie nodig het om te
registreer as immigrasieagente nie. Hulle word reeds
deur ander liggame beheer.
Hopelik sal die
nuwe wet help om van die "cowboys" ontslae te raak.
Die
meerderheid van klagtes wat ek ontvang is dat
immigrasieagente die mense (voornemende immigrante) "MELK"
vir geld en dat hulle gereeld groot bedrae (in Rand) moet
betaal om die proses aan die gang te hou en die
immigrasieagent sover te kry om iets te doen.
Die begrip "Melk
vir geld" is feitlik altyd in 'n negatiewe sin, maar 'n
mens kan dit ook sien as "progress payments" of 'n soort
van paaiement. In alle regverdigheid teenoor die
immigrasieagent moet 'n mens ALTYD in gedagte hou dat die
immigrasieproses presies dit is - 'N PROSES.
Die negatiewe
verbintenis van "Melk vir geld" kom in wanneer
immigrasieagente nie die proses en kostestruktuur aan die
voornemende immigrante verduidelik nie en voornemende
immigrante hulle nie self op hoogte bring met die proses
en kostes nie. In hierdie verwarring gebeur dit dan soms
dat SOMMIGE immigrasieagente belaglike bedrae vra vir
hulle werk en die proses onnodiglik uitrek om hulle winste
te maksimaliseer.
Die kostes van
die immigrasiedepartement is NIE 'n geheim nie en dit kan
maklik gekry word deur net na
NZ Immigrasie se webwerf te gaan en die "SEARCH"
blokkie te gebruik. Tik in "FEES GUIDE" en
kliek "GO" . By die soek resultate sal jy 'n
dokument sien genaamd "Fees Guide INZ (1028)". Die
dokument is in PDF formaat. Laai hom af en lees dit.
Nouja om terug te
kom na die immigrasieagent wat jou "melk vir geld" laat ek
dit so duidelik maak - daar is 'n paar maniere waarop
hulle te werk gaan om die immigrasieproses aan te pak en
ek raak net aan twee algemene maniere:
1. Die
immigrasieagent werk uit wat die maksimum bedrag is wat
die HELE proses gaan kos en vra jou dan een groot bedrag
wat alles insluit (NZ immigrasie se kostes en sy fooi) en
betaal dan pro rata geld aan jou terug indien die
proses/aansoek misluk en ook afhangende van waar in die
proses die
aansoek misluk. Hoe verder die aansoek gevorder het
voordat dit misluk het hoe duurder gaan die mislukking jou
kos, natuurlik.
2. Die
immigrasieagent laat jou in paaiemente vooruit betaal vir
elke deel van die proses wat afgehandel word (hierdie is
die mees algemene metode). Net om argumentsonthalwe laat
ek dit so verduidelik: sê maar jy het aansoek gedoen vir
PR (Permanent Residence), dan begin die proses by die
"Expression of interest" wat op die goedkoopste NZ $400
kos (aanlyn) plus die agent se fooi en gaan die
agent jou daarvoor laat betaal VOORDAT hy/sy daarmee
begin, want die agent moet die NZ immigrasiedepartement
dadelik betaal by indiening van enige aansoek. Van die
"expression of interest" af raak dit natuurlik al hoe
duurder, MAAR jy kan die kostes kontroleer wat die agent
vra deur te WEET wat die Immigrasiedepartement se kostes
is en seker te maak die agent blaas nie die kostes op om
jou te verneuk nie.
Om net die kostes
'n bietjie duideliker te maak - as jy 'n doodgewone
PR-aansoek insit uit SA is die MINIMUM kostes van die NZ
Immigrasiedept. in die omgewing van NZ $3400 (ongeveer R19
700) - NZ $400 vir 'n "online" Expression of interest
+ NZ $1800 ($1400
as jy reeds in NZ is) vir die "Residence Application"
+ NZ $1200 vir
die "Migrant Levy". DAARNA moet die agent se
komissie/fooie nog bykom. Die fooie hierbo is vir die
"Skilled Migrant Category" en die ander kategorië is nog
duurder - kyk die "Fees Guide".
Hierdie kostes is
nou die minimum en sluit NIE koerierkostes,
vertalingskostes, sertifiseringskostes, regsmenings, posgeld,
ens. in nie.
Baie min aansoeke is die eerste keer in orde en die
grootste gros van aansoeke moet rondgestuur word met die
pos of koerier wat die kostes vinnig die hoogte laat
inskiet. Om dokumente van NZ na SA te koerier kos 'n
moerse klomp geld. Jy kan jouself baie geld spaar deur
seker te maak jou dokumentasie is reg voordat jy dit weg
stuur. Luister na wat die agent vra en doen presies so.
'n Klagte wat ek
ook gereeld kry is dat immigrasieagente net
dokumente/aansoeke merk en terug stuur en niks voltooi
nie. Maak net seker dat dit nie 'n vereiste van die NZ
Immigrasiedept. is dat jy self die aansoek moet voltooi
nie. Aansoeke vir PR kan die agent namens jou voltooi.
Om te verseker
dat jy nie uitgebuit word nie vra voor die tyd 'n
gespesifiseerde kwotasie van kostes en fooie en kry ook
verskeie kwotasies. Moenie net die eerste (of goedkoopste)
een aanvaar nie. Kyk na die maatskappy/agent se webwerf en
rekord. Kyk hoe lank die persoon of besigheid al in die
bedryf is en probeer praat met mense wat al van die agent
se dienste gebruik gemaak het.
NB: Die
eerste plek om te begin om 'n Immigrasieagent uit te kyk
is om die agent se webwerf te besoek en te kyk of hulle
besigheid 'n fisiese STRAATADRES het waar jy
hulle kan gaan opsoek.
Sommige agente
het op hulle webwerf net e-mail adresse, posadresse,
telefoonommers en 'n vorm of twee op waar jy hulle kan
kontak. As daar nie 'n fisiese adres op is nie moet dit
klaar klokkies by jou begin lui. Dit gesê was ek 'n
rukkie gelede by 'n "fisiese adres" van 'n
"immigrasiemaatskappy" wat beweer hulle is een van die
grootste en beste immigrasiemaatskappye in NZ en al wat
ons by hulle "straatadres" gekry het is 'n
"sekretaresse" wat jou by 'n groot kantoorblok se
ontvangstoonbank kry en "onderhoude" met kliënte voer in
die ontvangslokaal. Ons was nooit by enige kantoor in
nie en weet nie eens of hulle regtig daar 'n kantoor het
nie.
"Tupperware" Seminare
Van begin 2008
af het ek die meeste klagtes ooit ontvang oor
Immigrasieagente en dit lyk my daar is nou letterlik
honderde "konsultante/agente" wat nou op die Immigrasie
soustreintjie gespring het en 'n paar Rand uit desperate
SAners probeer maak. Een maatskappy waaroor ek gereeld
en aanhoudend klagtes ontvang kom hier uit die Baai van
Eilande in NZ, maar ek mag nou nie hulle naam noem nie,
maar die maatskappy se naam sê waarvandaan hulle kom en
as jy my e-mail sal ek hulle naam vir jou stuur.
In elk geval
wat ek wou sê is dat Immigrasieagente uit NZ deesdae
Immigrasie "Seminare" hou in SA soos "Tupperware
Parties" en dat beloftes van werk en werkspermitte en
Permanente verblyfreg links en regs uitgedeel word om
net die mense se hand op papier te kry en die deposito
in hulle sak. Die grootste klomp stront word aan
voornemende (desperate?) immigrante verkoop net om geld
uit hulle te kry en die mense kom dan op grond van die
beloftes in NZ aan en raak hier gestrand! As jy dan op
die Immigrasieagent se nommer druk om jou te help staan
hulle uit die water uit en haal net hulle skouertjies
op.
Ek ontvang
maandeliks dosyne e-mails van SAners wat hier sit en nie
werk kan kry nie nadat hulle die son, maan en sterre
belowe was in SA op een van hierdie "Tupperware
Seminare". Wat vir my die "cherry" op die koek sit van
sommige van hierdie konsultante/agente se verwaantheid
is dat jy vir sommige van hierdie "Tupperware Seminare"
'n fooi moet betaal om dit by te woon!!
Voordat jy
ENIGIETS teken of ENIGE geld oorbetaal doen NAVRAAG of
navorsing oor die maatskappy en maak seker dis nie een
van die "Tupperware" manne nie.
As jy op
soek is na 'n kundige en betroubare persoon om jou met
jou immigrasie aansoek by te staan kan jy gerus die
mense by
Baker
Law in Mairangi Bay op Auckland se North Shore
skakel. Die telefoonnomer is 09 476 8000 en die
e-posadres is
fred@bakerlaw.co.nz. Hulle is ook self deur die
hele pynlike immigrasieproses en weet presies waardeur
jy moet gaan.
(LW
- Ek is op geen manier verbind aan
Baker Law nie en kry ook geen betaling of gunste
van enige aard om hulle te adverteer nie, ek beveel
hulle aan suiwer net op die positiewe terugvoer wat ek
van ander immigrante ontvang het oor hulle
goeie diens.)
Onthou, daar is
geen voorgeskrewe fooie nie en die agent kan vra wat hy
wil en as jy ingestem het vir die fooie sal jy betaal.
Geen twee aansoeke is ook dieselfde nie en geen twee
aansoeke sal dieselfde moeite en werk verg nie. As jy van
jou kant af die dokumente verskaf soos gevra en aansoeke
BEHOORLIK invul (en op tyd) sal jy die koste tot die
minimum beperk. Moenie self bydra tot jou grief teen die
immigrasieagent nie.
LAASTENS:
Jy KAN self jou aansoek hanteer, jy HOEF nie
van 'n agent gebruik te maak nie en ONTHOU ook dat GEEN
immigrasieagent op hierdie aarde jou kan waarborg dat jou
aansoek suksesvol gaan wees nie. Hy kan met 'n groot mate
van sekerheid sê jou aansoek KAN suksesvol wees, maar
hy/sy kan dit NIE waarborg NIE!!
|
 |
| |
 |
|
ALGEMENE VRAE WAT GEREELD
GEVRA WORD
Hier volg 'n paar
algemene vrae wat ons elke dag kry en die antwoorde
daarop.
1. Moet ons immigreer?
Om nou sommer reguit te
wees, ek voel dis sekerlik een van die
k@kste vrae wat iemand oor
immigrasie kan vra en as jy daai vraag vra is jy BESLIS
nog nie reg om te immigreer nie! Bly gerus in SA tot jy
geroof, vermoor (dan is dit te laat), verkrag, vermink,
geskiet, gesteek, verbrand of gekaap word en dan sal dit
vir jou BAIE DUIDELIK word dat jy LAAAAAANKAL moes
geimmigreer het! Wil jy wag totdat jou kinders groot is
en GEEN toekoms het nie? Moenie net aan jouself dink
nie, dink aan jou kinders!
ONTHOU ALTYD:
In Afrika is die enigste verskil tussen 'n IMMIGRANT en 'n
VLUGTELING net TYD!! Wag net lank
genoeg en jy SAL uitvind ....... (vra gerus die mense
uit Zim wie nou in NZ bly!).
2. Kan ons ons ouers
saambring na NZ?
JA, jy kan jou ouers
saambring na NZ, MAAR onder sekere voorwaardes en dit is
nie gewaarborg dat jou ouers aanvaar gaan word nie. Die
meerderheid van die kinders moet in NZ woon en jou
ouers moet redelik gesond wees en 'n skoon
polisieklaring hê en moet deur jou geborg word.
Ongelukkig moet jy reeds 3 jaar PR (permanente
verblyfreg) hê voordat jy jou ouers kan borg, d.w.s jy
sal reeds meer as 3 jaar in NZ bly voordat jou ouers kan
oorkom. Daar is ook nog ander voorwaardes en jy kan
volledig daaroor oplees op
NZ Immigrasie se webwerf. As jy op NZ Immigrasie se
webwerf land gebruik die "search" funksie boaan die blad
en tik in "parent", jy sal dan die blad kry wat
oor ouers handel.
3. My
man / vrou is hier op 'n werkspermit, mag ek ook werk?
JA, as jou
eggenoot/eggenote of "partner" se werkspermit vir 'n
tydperk van 6 maande of langer uitgereik is kan jy ook
aansoek doen vir 'n werkspermit vir dieselfde tydperk.
Gewoonlik word daar dan 'n "oop" werkspermit aan jou
uitgereik. 'n "Oop" werkspermit beteken dat jy vir enige
besigheid kan gaan werk en jy is nie beperk tot een werk
of werkgewer nie.
4.
Moet ons nog steeds retoer vliegkaartjies hê as ons op
werkspermitte na NZ kom?
JA, jy word gesien as
'n tydelike besoeker as jy op 'n werkspermit in NZ is en
jy moet 'n retoervliegkaartjie hê. Jy kan vrygestel word
van die verpligting om 'n retoer vliegkaartjie te hê,
maar dit moet uitdruklik in jou werksvisa vermeld word
met die woorde “Outward Passage Waived” or “Funds
Waived”.
As jy op 'n "visitors
visa" na NZ kom om te kom werk soek MOET jy
'n retoervliegkaartjie hê. Jy sal nie in SA toegelaat
word om op die vliegtuig na NZ te klim as jy nie 'n
retoervliegkaartjie het nie en as jy dalk daarmee kan
wegkom gaan jy verseker probleme hê as jy in NZ afklim
met 'n enkelkaartjie! So, koop maar die retoerkaartjie.
5.
Moet ons
kinders studentevisas hê voordat hulle kan skool gaan?
JA, as jy op 'n
werkspermit in NZ is dan moet jy aansoek doen vir
studentevisas vir jou skoolgaande kinders. Dit is nie 'n
groot probleem nie en word geredelik uitgereik sonder
veel moeite.
6.
Wat is die
"afsny" ouderdom vir immigrasie na NZ?
Onder die "Skilled Migrant
Category" is die maksimum ouderdom vir immigrasie na New
Zealand 55 jaar. Die NZ Immigrasie Departement se
presiese bewoordig is: "Keep
in mind that you must be aged under 56 to apply under
the skilled migrant category".
7.
Waar moet
ek aansoek doen vir my werksvisa?
Die beste is natuurlik om
reeds in SA aansoek te doen vir jou werksvisa as jy
daarin kan slaag om 'n werksaanbod (Job offer) uit NZ te
kry. As jy 'n werk en 'n werksaanbod kan kry terwyl jy
nog in SA is dien jy jou aansoek in by: New Zealand High
Commission, Private Bag X17, Hatfield 0028, PRETORIA.
As jy in NZ is en jy kry
'n werk dan dien jy natuurlik jou aansoek in by die
naaste kantoor van NZ Immigrasiediens.
8.
Kan ons op
'n "Working Holiday Visa" na NZ kom?
Nee, ongelukkig nie.
Suid-Afrikaners kan nie aan die "Working Holiday Scheme"
deelneem nie, omdat SA nie so 'n ooreenkoms met NZ het
nie.
Kyk hier:
http://www.immigration.govt.nz/migrant/stream/work/workingholiday/
9.
Wat is die
algemene salarisse in NZ??
Jy kan 'n goeie aanduiding
van salarisse op hierdie webwerwe kry:
http://www.emigratenz.org/Work.html
http://www2.careers.govt.nz/who_earns_what.html
10.
Kan ons
volwasse kinders op ons aansoek om PR insluit word?
JA, kinders tot 24 jaar
oud kan op jou PR aansoek ingesluit word ,mits hulle
ongetroud is en: "Totally or substantially reliant on
the principal applicant and/or the principal applicant's
spouse or partner for financial support, whether living
with them or not".
Jy sal moet kan bewys dat
die volwasse kinders onder 24jaar geheel van jou
afhanklik is en nie self 'n inkomste verdien nie. Skool
en/of Universiteitsrekords, kwitansies, onderhoudstjeks,
ens. kan as bewys dien.
Bron: Kyk op
HIERDIE BLAD (1) en op
HIERDIE BLAD (2)
11.
Ons
matrieksertifikate en ook ander oorspronklike
sertifikate is in Afrikaans wat kan ons doen?
As die sertifikate in Engels benodig word vir julle PR
aansoek, laat dit vertaal deur die NZ "Department
of Internal Affairs Translation Service". Dit gaan
'n hele paar dollar kos, maar dit is baie makliker as om
Engelse sertifikate uit SA aan te vra!! Weet ons dit
nie??
As jy Afrikaanse ambagsertifikate of grade en diplomas
na Engels wil laat vertaal vir 'n NZQA-evaluasie kan jy
gebruik maak van die onderstaande persoon. Sy is 'n
NZQA-geakrediteerde vertaler.
Caroline du Toit
6/15 Andersons Road
Albany
Auckland
Phone: 09 478 4527
Fax: 09 478 4615
Mobile: 0275 479 630
Email:
cdtcreative@xtra.co.nz
12.
Hoe lank
tyd het ons om na NZ te immigreer nadat ons PR
goedgekeur is?
Nadat NZ Immigrasie jou in kennis gestel het dat jou PR
(Permanent Residency) goedgekeur is het jy 6 maande om
hulle te betaal en die PR-Visa in jou paspoort te laat
plak.
Nadat die PR-visa in jou paspoort geplak is het jy 12
maande om die PR-visa te "aktiveer" deur na NZ te kom.
Die oomblik dat jy in NZ aanland en jou paspoort word op
die lughawe gestempel verander jou PR-VISA na 'n
PR-PERMIT toe.
Na jy jou PR-Permit gekry het in NZ is daar niks wat jou
keer om die volgende dag weer terug te keer na SA nie.
Dan het jy 2 jaar tyd voordat jy weer moet terugkeer na
NZ.
So teoreties het jy 3 jaar en 6 maande om na NZ te
IMMIGREER sodra jy in kennis gestel is dat jou PR
goedgekeur is - jy sal egter binne 12 maande moet land
in NZ om die PR-visa te "aktiveer" en na 'n PR-permit te
verander. In die praktyk sal jy dit moeilik vind om die
tyd presies op 3 jaar en 6 maande te laat uitwerk, want
jy sal nooit die datums so kan inpas dat jy presies 3
jaar en 6 maande het nie.
Saam met die PR-visa kry jy ook 'n RRV - Returning
Residents Visa - wat (gewoonlik) vir 2 jaar geldig is
van die oomblik dat jy jou PR goedgekeur is en die RRV
magtig jou om NZ te verlaat en weer terug te keer sonder
om weer aansoek te doen vir PR. Op die RRV is 'n "expiry
date" ,maak seker jy kom terug VOORDAT die RRV verval,
anders moet jy weer heel van vooraf aansoek doen vir PR.
LET WEL: Die Returning Residents Visa wat
saam met jou PR-visa uitgereik word is NET vir 2 jaar
geldig en dan moet jy weer vir een aansoek doen. As jy
vir meer as 6 maande van elke jaar van die voorafgaande
2 jaar in NZ gebly het dan kry jy 'n "Indefinate
Returning Residents Visa" wat nooit verval nie. ONTHOU
egter as jy 3 jaar en 6 maande vat om hier aan te meld
sal jy effektief vir 2 jaar in NZ moet bly sonder om die
land te verlaat.
|
 |
 |
|
^^ TERUG NA BO |
 |
| |
|
 |
|