![]() |
|
|
|
|
|
RIGLYNE VIR DIE OPSTEL VAN 'N CV VIR DIE NZ ARBEIDSMARK
1. Indien moontlik stel jou CV op in Microsoft Word formaat. NIE in Excell of PDF nie asseblief. 2. Los uit ALLE verwysings na jou ID-nommer, Ras en Regstellende aksie. Dit het NIKS met NZ wergewers te doen nie. Hou ook verwysings na jou Militêre Diensplig baie kort of los dit heeltemal uit indien jy kan, dit sal afhang van die werk waarvoor jy aansoek doen. 3. Hou jou CV asseblief so kort en bondig as moontlik sonder om belangrike besonderhede uit te laat. 4. Moenie oor en oor dieselfde inligting herhaal nie. 5. Sorg dat jou CV in ENGELS is. 6. Doen 'n deeglike SPELTOETS van jou CV en maak seker daar is nie spelfoute in jou CV nie. 7. Laat 'n persoon wie Engels goed magtig is vir jou die "Grammar" en "Tenses" nagaan. Doen BAIE moeite om te sorg dat jou CV taalkundig goed versorg is, al moet jy ook iemand betaal om dit te doen, want dit kan letterlik die verskil tussen werk en werkloos wees! 8. Moenie 'n foto van jouself in die CV sit nie, tensy hulle daarvoor vra. Gewoonlik sal 'n foto van jouself en jou gesin gevra word as jy aansoek doen vir werk op 'n plaas (waar jy en jou gesin op die plaas gaan bly), maar tensy hulle vra, moenie 'n foto insit nie. 9. Wees EERLIK, want al jou referente SAL gebel en nagegaan word. 10. Los lang verwysings na jou skool en skoolvakke uit en meld net jou hoogste skool kwalifikasie en die skool waar jy dit verwerf het. Begin dan dadelik met jou naskoolse kwalifikasies, dit is waarin die werkgewer belang stel. 11. Haal irrelevante kwalifikasies uit jou CV uit en los net dit wat van toepassing is op die werk waarvoor jy aansoek doen. As jy 'n Dieselwerktuigkundige is beteken 'n spoorsnykursus by Oom Sammie se Jagskool of 'n koekversieringsdiploma by Antie Sponskoek se Tertakademie nie veel nie en laat jou CV net deurmekaar lyk. 12. Sit net VOLTOOIDE kwalifikasies by die paragraaf oor kwalifikasies op jou CV in en NIE al die vakke van 'n half voltooide kwalifikasie of kwalifikasie waarmee jy nog besig is nie. Meld kortliks kwalifikasies waarmee jy besig is of half voltooi het heel onder by die "kwalifikasie" paragraaf, sonder om al die voltooide vakke te meld - gee net 'n baie kort beskrywing en 'n aanduiding wanneer jy verwag om die kwalifikasie te voltooi. 13. Hou verwysings na jou stokperdjies en sport baie kort. 14. Weerstaan die versoek om jou CV vol titels, range en belangrike posisies te maak en verwys so min as moontlik daarna, want die Kiwi's het 'n gesonde minagting vir gesag, titels en range en word nie maklik daardeur beïndruk nie. Lê eerder klem op hoe 'n sekere posisie jou voorberei het vir die werk wat jy wil doen. 15. Vir 'n Kiwi-werkgewer is dit ALTYD, ALTYD belangrik dat jy met ander in 'n groep sal kan saamwerk en waar moontlik verwys na "WE" en nie na "I" nie en hulle luister ook in onderhoude of jy van jou span praat waarmee jy saamgewerk het en of jy krediet gee vir die "SPAN" in plaas van om net heeltyd jou eie ou beultjie te blaas. Wees bedag daarop dat jy jouself nie oorbemark nie!
NB: Loshande die grootste faktor in 'n goeie NZ CV is "Spelling" en "Grammar". As jou CV taalkundig goed versorg is gaan jy baie vêr kom. 'n CV wat vol spel-en grammatika foute is skep 'n UITERS swak indruk en gaan jou kanse om 'n werksonderhoud te kry in 'n oogwink laat verdamp. Ek kan nie genoeg klem lê daarop nie. Doen asseblief BAIE BAIE moeite daarmee.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
VOORBEELD VAN 'N GOEIE EENVOUDIGE CV
CURRICULUM VITAE
JACOB
ANTONIE BOTHA
(NZQA
assessed - certificate attached) Responsibilities: Name of Employer:
JW & ME Warry, Tirau, New Zealand. Responsibilities:
Manage a 251ha dairy farm. Name of Employer:
Geoff & Rose Simmons, Arohena, New Zealand. Responsibilities:
Assist with the management of a 285ha dairy farm. Name of Employer:
Carlos de Costa Farming (South Africa) Responsibilities: (January 1991 – March
1999) Responsibilities:
ACHIEVEMENTS
|
|
|
|
|
|
|
|
|
List your Achievements on your CV (
http://www.cvtips.com )
|
|
|
|
|