My vereenvoudigde siening van mense

 

Toe ek jonk was het ek altyd 'n stryd gehad om 'n mening van mense te vorm sonder om hulle in een of ander "kassie" te sit en te stereotipeer. Ek wou graag regverdig wees en elkeen op sy/haar unieke manier hanteer wat hom/haar toekom.

 

Ongelukkig het ek, hoe ouer ek geword het, agter gekom dat ander mense my ook maar net in 'n "kassie" van hulle keuse pak en nie baie regverdig teenoor my is nie en toe het ek ook maar my "kassies" opgemaak, opgestapel en die mense daarin gepak. Dit was baie makliker om "tipes mense" kassies te hê as 'n kassie vir elkeen. Dit het ook goed gewerk!

 

Later jare het ek 'n bietjie die boeke gevat en deurmekaar geraak met die Sielkunde en Filosofie en weer al die "kassies" omgeskop en van vooraf begin en toe EERS die lewe vir my gekompliseerd gemaak. So het my "kassies" gekom en gegaan met wisselende grade van verwarring en regverdigheid en was EK sekerlik die meeste verward en die minste regverdig.

 

Deesdae het ek egter my "kassies" verminder tot net TWEE met 'n "skaallyn" tussenin en is dit net 'n geval van jy is in een van die "boxies" of op die lyn tussen die boksies. Maklik!

 

Deesdae sien ek mense as BEFOK INTERESSANT!

 

DIS DIT!

 

Jy is of BEFOK (boksie een) of INTERESSANT (boksie twee) of op die lyn tussen die twee. Party is meer befok as interessant en ander is meer interessant as befok. Hoe nader jy aan "interessant" is hoe groter is die kans dat ons ding gaan werk, alhoewel ek ruitrelik moet erken dat ek self beslis vierkantig in die BEFOK boksie staan!

 

Groetnis.

 

Louwrens.