|
|
||||||||||
|
|
||||||||||
|
Wat is die verskil tussen SA en New Zealand?
Ek word baie deur my vriende en familie in SA gevra wat die verskil nou eintlik is tussen SA en NZ en dis moeilik om NZ kwantitatief beter te laat lyk, want die land is klein (8 keer kleiner as SA) NZ is NIE mooier as SA nie, NZ het baie beperkte Fauna en Flora en SA het natuurlike skatte en hulpbronne waarvan NZ net kan droom.
As die verskil dan nie in die kwantitatiewe lê nie, dan moet dit sekerlik in die kwaliteit van lewe lê en dis beslis waar dit is. Die Kiwi's kla oor die kleinste stront goedtjies en maak 'n ophef van omtrent alles. Dit irriteer die hel uit my uit, MAAR omdat hulle die klein goedjies reg hou loop die groot goed selde skeef.
Elke oggend lees ek die NZ en SA koerante aanlyn op die Internet en die Saterdagoggend voor Krismis 2006 (23 Desember in NZ en 22 Desember in SA) het ek dit soos gewoonlik weer gedoen. Dit het my toe opgeval hoe uiteenlopend die verskillende stories in die twee lande se koerante is en die stories op die voorblad was so 'n refleksie van die verskil tussen die twee lande en ook 'n refleksie op dit wat die mense van daardie lande se prioriteite is! Ek het dit hierdie jaar (1Jan 2008) weer gedoen en die resultate is onderaan verlede jaar s'n.
Ek gaan nie 'n lang storie skryf oor die verskille nie ,die koerantopskrifte spreek BAIE duidelik van self. Al die opskrifte is "aktief" so jy kan daarop kliek en dit self nagaan as jy dink ek het dit uit my duim gesuig. Stem jy nie saam dat die verskille op jou skree nie?
"Your honor, I rest my case!"
Groetnis. |
||||||||||
|
|