|
Immigrasiepraatjies is gevaarlik
Aung Kyi
(Nobel Vredesprys 1991) het gesê "fear is not the natural state of civilized
people."
Dit lyk ongelukkig vir my asof "fear" deesdae die "natural state" van alle mense
in SA is!
Afgesien van die ooglopende vrees vir die moord en doodslag, wat nou 'n
"normale" verskynsel in SA is,
is daar ook die vrees dat enigiemand sal weet of jou sal verdink daarvan dat jy
wil immigreer.
Lyk my die paar woorde wat deesdae in SA die meeste vrees by SAners inboesem is
BEE (Black
economic empowerment) en IMMIGRASIE!
Dit wil voorkoom as iemand weet, of net vermoed, dat jy wil immigreer uit SA dan
is jou lewe om en
gebeur daar vreeslike goed met jou soos geen bevorderings of selfs ontslag.
Die rede hoekom ek so sê is omdat ek ongelooflik baie terugvoer en e-pos van my
webwerf af kry waar
mense vra dat ek nie hulle name moet noem nie of waar hulle onder skuilname
skryf van
webmail-adresse af. Dis so asof hulle onwettiglik 'n pornografiesewebblad besoek
het in plaas van 'n
immigrasiewerf.
'n Onlangse geval het dit by my tuisgebring hoe gevaarlik die kwessie van
immigrasiepraatjies in SA is.
'n Dame het 'n paar weke gelede van my webwerf af vir my 'n e-pos gestuur met
navrae oor immigrasie
en so het haar e-posadres op my databasis beland en toe ek my nuusbrief uitstuur
oor die
werksoek-toere na NZ het sy ook 'n nuusbrief gekry. Die nuusbrief was ongelukkig
na haar werk se
e-posadres gestuur ,maar darem na haar eie posvouer.
In plaas daarvan om net die e-pos met die nuusbrief uit te vee, loop gooi daai
dame 'n tantrum wat
skrik vir niks en moer nie net haar speelgoed uit die kot uit nie, maar loop
gooi die hele kot om!!
Sy skryf vir my 'n e-pos in HOOFLETTERS (wat op gil neerkom in e-posetiket) dat
ek haar nie moet
"spam" nie en nooit weer sulke pos na haar moet aanstuur nie, want sy het nie
daarvoor gevra nie en
wil dit nie hê nie en sy noem dit pertinent dat sy nog NOOIT aan immigrasie
gedink het nie en dit NOOIT
sal oorweeg nie (amper stuur ek toe haar e-pos vir haar terug oor haar
immigrasie-navrae net om haar
gedates so effens te verfris!). MAAR dit was den einde niet! In plaas van om in
stilte te protesteer oor
my nuusbrief stuur sy haar histeriese briefie aan al die bestuurders en
direkteure in die maatskappy om
hulle net daarop te wys hoe "lojaal" sy is - net ingeval hulle dalk my nuusbrief
op haar rekenaar sou kry.
Ai, laat my dink aan daai storie van die mossie in die mis en die
valk.....................
As die bestuurders en direkteure in haar maatskappy net 'n halwe brein het sal
hulle net moet dink -
The lady doth protest too much, methinks!!
Anyway ek het baie simpatie met haar
en ek het die
boodskap gekry: IS LEWENSGEVAARLIK OM OOR IMMIGRASIE TE PRAAT IN SA!!
Een van die direkteure het nou vir my geskryf en sy CV aangestuur! Hy kom op een
van die eerste
toere volgende jaar.
Dankie vir
die besigheid Da........!!
Groetnis.
|