"Load shitting" in die "nuwe" SA

 

Ek wil nou politiek praat nie, maar soms praat die politiek so baie nonsens dat 'n mens nie kan help om die breinlose idiote met hulle verbale diarree 'n bietjie reg te help nie.

APARTHEID is eintlik die wonderlikste ding wat nog ooit met baie mense in SA gebeur het, want was dit nie vir apartheid nie hoe sou sommige idiote hulle breinloosheid kon verklaar of verskoon?

14 Jaar na die einde van apartheid gryp mense nog na die apartheidstok om links en regs om hulle reg te slaan wat hulle self opgeneuk het. In Suid-Afrika is dit die verskoning wat alles weer mooi en reg maak en die "magic" wat alles verduidelik, van misdaad tot kragonderbrekings.

Laat my dink aan Abraham Maslow wat gesę het: "If the only tool you have is a hammer, you will see every problem as a nail"(often people will find a method of solving problems and then insist on applying that solution to every other problem that they encouter, even if it's totally unrelated!).

Ek hoor die annerdag 'n gawe woordvoerder van die SA regering sę dat die krag tekort (geen krag!) in SA te wyte is aan die sukses van die ANC-regering om krag te verskaf aan die mense wie dit nooit gehad het onder apartheid nie, maar dat dit nou Apartheid se skuld is dat daar nie genoeg krag is nie!

Dis baie mooi en ek is bly saam met die outjies wie nou krag het, maar vir die 14 jaar dat Apartheids Elektrisiteit die wiele van die soustrein geolie het met R3 miljoen persoonlike bonusse en R1 miljoen per maand se salarisse het ek nie gehoor iemand kla oor "Apartheids Elektrisiteit" nie!!

WAAAAAAR het hulle gedink kom elektristeit VANDAAN??

Nou skielik is dit: "O' Fok, die goed kom van kragstasies met kragopwekkers wat onderhou en opgradeer moet word om aan te hou om krag te verskaf!". NIEMAND HET ONS GESĘ NIE!!

Nog 'n moerse apartheids "revelation" wat die vorige "regime" vir 14 jaar 'n geheim kon hou?! Ek dink nie so nie! Wat van: "ons het nie 'n fokken clue gehad wat ons doen nie?!". Dis 'n bietjie nader aan reg, maar glad nie PC nie! Oh, no, no,  jy kan nie ANC-regering blameer nie, dis Apartheid se skuld! Dink hulle regtig hulle ondersteuners glo nog die stront?

Toe hulle gesę het "You can bullshit some people all the time, All the people some of the time, but not All the people All the time!" het hulle nog nie die huidige SA regering geken nie! Die slaag baie duidelik daarin om almal te "bullshit" all the time!! Foeitog.

NS: Die Souties hier in NZ sou gesę het: "A gaggle of mistakes is causing the blackouts in South Africa". Is dit dan nie so ironies dat die definisie van 'n "gaggle" ook kan beteken "an unorganized group doing nothing" nie? (Wikipedia)

 

O' ja, dit val my nou by dat dieselfde "stront" (letterlik) nou ook die behuising in SA getref het en dat die einste ANC-regering wat so "suksesvol" was om miljoene huise vir "agtergeblewenes" te bou vergeet het om ook die infrastruktuur "suksesvol" uit te brei en te onderhou en sit nou met 'n reuse strontstorting (letterlik) wat die rioolwerke oorweldig en die riviere en damme vol rou riool laat!

Mooi so manne! Gelukkig kan julle darem Apartheid blameer vir al die kak (letterlik) waarmee julle nou opgeskeep sit! Lekker nę?