|
1. Jy KAN eers na NZ
kom op 'n werkspermit of besoekersvisa en dan die proses van Permanente
Verblyfreg in NZ begin (soos bo) en jy hoef dit nie noodwendig uit SA te doen
voor jy kom nie, MAAR maak net eers seker jy sal wel kwalifiseer VOORDAT jy kom.
2. Ek word BAIE gevra
of 'n mens nie permanent in NZ op 'n werkspermit kan bly nie sonder om aansoek
om Permanente Verblyfreg (PR) te doen nie en dit is ook so dat, al kwalifiseer
jy nie vir PR nie, jy wel hier kan werk en 'n werkspermit kry en selfs vir 'n
hele paar jaar op 'n werkspermit hier kan bly, MAAR werkspermit hernuwings is
NIE gewaarborg nie en op die ou end gaan hulle jou verplig om aansoek te doen
vir PR en as jy NIE kwalifiseer nie gaan dit die einde van die paadjie vir jou
in NZ wees. Dit is verskriklik hartseer, maar dit gebeur daagliks dat mense wie
hier is op werkspermitte en selfs jare op werkspermitte hier was moet teruggaan
SA toe omdat hulle nie kwalifiseer vir PR nie. As jy nie voor jou koms na NZ
gekwalifiseer het vir PR nie gaan jy NIE hier kwalifiseer net omdat jy hier
gebly het nie!
3. Ek wil
amper sê ek smeek SAners om dit NIE te doen nie, want om gedeporteer te
word of verplig te word om na SA toe terug te keer na 'n paar jaar in NZ
moet verskriklik wees, want waarna toe gaan jy terug? NIKS.
4. Ek het
ongelooflik baie simpatie met SAners wat wil weg kom uit die
omstandighede in SA en my hart gaan na hulle uit, maar om onverskillig
immigrasie aan te pak en net op te pak en te kom, sonder om seker te
maak jy kan permanent bly is om jou bloot te stel aan ongelooflike
hartseer en swaarkry. MOET DIT NIE DOEN NIE. ASSEBLIEF.
5. New Zealand
is 'n gesogte Immigrasiebestemming en SAners ding met duisende ander
immigrante regoor die wêreld mee om permanent hier te kan bly.
6. Ek sal ten
sterkste aanbeveel jy gaan lees ook die volgende webblad sorgvuldig
deur:
How do I
get a job in New Zealand if I’m not a resident?
Die enigste
Immigrasiekonsultante wat ons met vrymoedigheid kan aanbeveel is
PROTEA PACIFIC
- hulle is beslis nie die goedkoopste nie, maar jy kan op 'n diens van hoë
gehalte reken.
(LW
- Ek is op geen manier verbind aan Protea Pacific nie en kry ook geen betaling
of gunste van enige aard om hulle te adverteer nie, ek beveel hulle aan suiwer
net op die positiewe terugvoer wat ek oor 'n lang tyd van immigrante ontvang het
oor hulle goeie diens.)
NB: Hierdie blad is net om jou 'n idee te gee waar om te begin met die immigrasieproses en is NIE 'n handleiding NIE en is ook geensins volledig nie. |